Betaalmiddelereg bir324 betaalmiddele




Yüklə 0.63 Mb.
səhifə1/7
tarix24.04.2016
ölçüsü0.63 Mb.
  1   2   3   4   5   6   7




BETAALMIDDELEREG

BIR324

BETAALMIDDELE

HOE OM HIERDIE GIDS TE GEBRUIK

Hierdie studiegids bevat verduidelikende aantekeninge van al die temas wat gedurende die semester behandel gaan word. Die temas word as volg in die gids uiteengesit:


  • Onderwerp (as ʼn opskrif) - Die opskrif sê vir u waaroor die lesing gaan.

  • *Voorvereistes - Dui aan (waar van toepassing) watter voorafkennis of voorafleer u nodig het om hierdie onderwerp suksesvol aan te pak.

  • Studiedoelwitte - Sit die basiese kennis en vaardighede wat u moet bereik het nadat u die lesing afgehandel het. Wanneer u studeer vir toetse of die eksamen, dien dit as u afbakening. Hierdie doelwitte/uitkomste sal u deur die werk lei en indien u al hierdie doelwitte kan beantwoord, sal u enige vraag in ʼn toets of die eksamen kan beantwoord.

  • Bestudeer - Voorgeskrewe materiaal wat u MOET bestudeer. Dit sluit die toepaslike gedeeltes in u voorgeskrewe handboek en materiaal in.

  • Lees - Materiaal wat u aandagtig moet deurlees. Dit word aanbeveel dat u hierdie gedeeltes wel raadpleeg aangesien dit as agtergrond tot die voorgeskrewe gedeeltes dien en ook u basiese kennis en begrip van die vak sal verbeter.

  • Doel van voorgeskrewe materiaal - ʼn Kort uiteensetting van die belang van die voorgeskrewe materiaal sodat u dit binne verband kan bestudeer en die kern kan uithaal.

  • Aktiwiteite - Verskillende aktiwiteite word ingesluit om u te help om die werk te bemeester en toe te pas. Dit is verpligtend om hierdie aktiwiteite te voltooi en op die voorgeskrewe datum (soos aangedui in u kursushandleiding) as individuele portefeulje in te handig. Hierdie aktiwiteite sal 10% van u semestersyfer bydra.

  • Woordelys - ʼn Lys van belangrike terminologie word ingesluit. U moet die betekenis van hierdie woorde naslaan. Daar is plek in die gids by elke lesing waar u die betekenis van die begrippe kan inskryf.

  • Kontrole - aan die einde van elke lesing, sal u ʼn kontroleblokkie vind wat verwys na die toepaslike gedeelte in die handboek/voorgeskrewe materiaal wat u moes bestudeer het. U kan daarin afmerk of u die werk gelees het, opgesom het en/of geleer het.

betekenis van aksiewoorde vir assessering

Hierdie lys van aksiewoorde met hul betekenis het ten doel dat u verstaan wat van u verwag word in toetse en eksamens. Die uiteensetting van die aksiewoorde is reeds aan u bekend. U het in Strafreg by adv Kruger daarmee kennis gemaak.



NOEM / LYS: Skryf in kort sinne die verlangde inligting neer, sonder ʼn bespreking daarvan.

BESKRYF: Gee ʼn gedetailleerde uiteensetting van ʼn saak deur melding te maak van die verskillende dele, eienskappe of kwaliteite van die saak.

BESPREEK: Verduidelik die betekenis van iets aan die hand van logiese argumente.

IDENTIFISEER: Gee die wesenlike kenmerke weer.

GEE ‘N OORSIG: Gee ʼn samevatting (opsomming, ʼn verkorte weergawe) van die hoofpunte van ʼn vraagstuk en lewer kommentaar daaroor.

SOM OP: Gee ʼn samevatting van die belangrikste feite sonder detail, illustrasies, kritiek of bespreking.

GEE ‘N UITEENSETTING: Gee ʼn samevatting van die hoofpunte van die onderwerp in ʼn duidelike en logiese volgorde sodat verskille, ooreenkomste en raakpunte duidelik aangetoon word.

ILLUSTREER: Maak gebruik van ʼn skets, diagram of grafiese voorstelling om ʼn begrip te verduidelik of ʼn probleem op te los.

IN VERBAND BRING: Dui duidelik aan hoe verskillende aspekte met mekaar verband hou, by mekaar aansluit of ooreenstem.

INTERPRETEER / VERTOLK: Lewer kommentaar oor beskikbaar feite, met verwysing na toepaslike voorbeelde. Gee ʼn duidelike aanduiding van u eie vertolking daarvan.

KONTRASTEER: Beklemtoon verskille, teenstellings en ongelykhede van die feite of gebeure.

VERGELYK: Stel die feite, gebeure of probleme teenoor mekaar en dui ooreenkomste en verskille aan of ontleed die ooreenkomste en verskille tussen stellings, idees ens. (Let op die verskil tussen kontrasteer en vergelyk).

LEWER KOMMENTAAR: Spreek ʼn eie mening uit met betrekking tot die gegewe vraagstuk. Sê of u met ʼn bepaalde stelling saamstem of nie.

KRITISEER: Gee u beredeneerde opinie oor iets deur te wys op die goeie en slegte punte. U opinie moet deur feite en argumente ondersteun word. Om te kritiseer beteken nie om aan te val nie.

ONDERSOEK/ONTLEED: Verdeel die gegewens in dele en bespreek dit krities.

VERDUIDELIK: Gee ʼn duidelike uiteensetting (verklaring). Lig toe met voorbeelde en/of illustrasies en voer redes aan vir uitsprake of resultate.

EVALUEER: Maak ʼn waardebeoordeling op grond van bepaalde uitgangspunte of kriteria. Verwys na voor- en nadele en gee ook u eie mening of die van ʼn kundige. Moet nie bespreek nie.

Bron: Aangepas uit McMillan, 1997.



UITEENSETTING VAN LESINGS:

Lesings 1-6: Algemene beginsels

Lesings 7-9: Tjeks
Lesing 9: Promesse

Lesing 10: Reisigerstjeks & Kredietkaarte


Lesing 11: Aanlyn bankbedrywighede & Krediet Oorplasings.
LESING 1: ALGEMENE BEGINSELS VAN DIE REG VAN VERHANDELBARE DOKUMENTE

Studiedoelwitte:
Na afhandeling van hierdie lesing, moet u in staat wees om die volgende te doen:
1. Onderskei tussen waardepapiere en verhandelbare dokumente.

2. Bespreek die kambiale – en onderliggende verpligting.

3. Demonstreer ‘n deeglike kennis en begrip van die komponente, rol van die partye en funksies m.b.t. wissels, tjeks en promesses.

4. Definieer wissels, tjeks en promesses.

5. Identifiseer die partye betrokke by verhandelbare dokumente.

Bestudeer:
1. Malan F.R., Pretorius, J.T. and du Toit SF, Malan on Bills of Exchange, Cheques

and Promissory Notes, 5th ed, LexisNexis: Durban, 2009 (par 1, 3-7 & 10-14)
2. Nagel C.J. et al, Kommersiële Reg, 3de uitg, LexisNexis Butterworths: Durban, 2006

(par 30.01-30.03, 30.05 & 30.07-30.20)



Lees:
1. Malan F.R., Pretorius, J.T. and du Toit, S.F., Malan on Bills of Exchange, Cheques

and Promissory Notes, 5th ed, LexisNexis: Durban, 2009 (par 2 & 8-9)

2. Nagel C.J. et al, Kommersiële Reg, 3de uitg, LexisNexis Butterworths: Durban, 2006

(par 30.04, 30.06 & 30.21-30.23)

Aktiwiteit 1

Verduidelik die ‘kambiale’ en ‘onderliggende’ verpligting.



Woordeskat:

Verhandelbare dokument: _________________________________________________

______________________________________________________________________

Waardepapier: ________________________________________________________

______________________________________________________________________

Nemo plus iuris reël: _____________________________________________________

______________________________________________________________________

Wissel: _______________________________________________________________

______________________________________________________________________

Tjek: _________________________________________________________________

______________________________________________________________________

Promesse: ____________________________________________________________

______________________________________________________________________

Trekker: ______________________________________________________________

______________________________________________________________________

Belower/promittant: ______________________________________________________

______________________________________________________________________

Betrokkene: ___________________________________________________________

______________________________________________________________________

Nemer: _______________________________________________________________

______________________________________________________________________

Akseptant: _____________________________________________________________

______________________________________________________________________

Endossant: ____________________________________________________________

______________________________________________________________________

Geëndosseerde: ________________________________________________________

______________________________________________________________________

Houer: ________________________________________________________________

______________________________________________________________________

Toonder: ______________________________________________________________

______________________________________________________________________

Wisselborg: ____________________________________________________________

______________________________________________________________________


Teorie
1. Inleiding
- Betaalmiddelereg handel hoofsaaklik met verhandelbare dokumente, met die nodige beklemtoning

op:


  • Die onderskeid tussen waardepapiere en verhandelbare dokumente.

  • Basiese beginsels en definisies van verhandelbare dokumente.

  • Geldigheidsvereistes van verhandelbare dokumente.

  • Verhandeling.

  • Akseptasie.

  • Houerskap.

2. Algemene beginsels en die onderskeid tussen waardepapiere en verhandelbare dokumente
- Dis is belangrik om te verstaan of en wanneer verhandelbare dokumente verhandelbaar en

oordraagbaar is. Die tradisionele toets van verhandelbaarheid is of die instrument oordraagbaar is,

soos kontant met aflewering, en of dit vatbaar is vir regsaksie deur die persoon wat dit pro tempore

hou. ʼn Ander gewone vereiste is dat die instrument ʼn onderneming moet bevat om geld te betaal of

sekuriteit, wat geld verteenwoordig, te lewer.

- Verhandelbare dokumente staan ook bekend as waardepapiere. Beide verhandelbare dokumente

en waardepapiere het ʼn sekere waarde wat baie hoër is as die waarde van die stuk papier self,

omdat dit persoonlike regte/ vorderingsregte omvat wat die afdwinging en oordrag daarvan,

mobiliseer en vereenvoudig. Hierdie regte kan slegs afgedwing word deur besit van die

dokumente.(bv slegs die houer van ‘n fliekkaartjie kan toegang tot ‘n fliek verkry, net so kan slegs

die houer van ‘n tjek dit wissel.)

- Waardepapiere is ʼn baie breër/wyer konsep as die konsep “verhandelbare dokumente”, want nie

alle waardepapiere kan verhandel word nie (aandeelsertifikate, poswissels en ladingsbriewe is

waardepapiere maar kan nie verhandel word nie, terwyl banknote, wissels, tjeks en promesses,

verhandelbare dokumente is wat verhandel kan word). Verhandelbare dokumente is slegs ʼn

spesifieke soort waardepapier. (sien Figuur 1)


- Verhandelbare dokument het ʼn tweeledige betekenis:

  • Eerstens is dit onderskeibaar van ʼn waardepapier as ʼn spesifieke tipe waardepapier, want alle verhandelbare dokumente kan verhandel word, terwyl nie alle waardepapiere verhandel kan word nie. Daarom moet die dokument en die regte wat dit insluit, maklik van een persoon na ʼn ander oorgedra kan word. (Dit is nie die posisie t.o.v. waardepapiere nie)

  • Tweedens, bekom die daaropvolgende houer van die dokument (oordragnemer), wat die dokument in goeie trou en teen waarde neem, gewoonlik al die regte t.o.v. die dokument (wissel, tjek of promesse) selfs al het sy voorganger ʼn defektiewe reg daarop gehad. Hierdie regte/magte van die houer van ʼn verhandelbare dokument is in art 36 van die Wet uiteengesit. Die regspreuk nemo plus iuris ad alium transferre potest quam ipse habet (no one can transfer a greater right than he himself has) vind nie toepassing in hierdie geval nie. Die rede waarom hierdie spreuk nie toepassing vind in die geval van verhandelbare dokumente nie, is omdat wissels en promesses aan geld gelykgestel is en sommige van die eienskappe toegedig is. (Indien die oordraggewer nie in goeie trou opgetree het nie of nie waarde toegevoeg het nie, sou hy/sy geen beter aanspraak as sy/haar voorganger daarop gehad het nie.)

- Met verwysing na die bogenoemde nemo plus iuris reël: Hierdie reël vind nie toepassing op

verhandelbare dokumente nie, alhoewel dit toepassing vind op waardepapiere (hoofsaaklik a.g.v.

die sakeregtelike beginsels en omdat verhandelbare dokumente aan geld gelykgestel is).

- Die waardepapier druk die noue verbintenis tussen besit van die instrument en die uitoefening van

die regte daarin vervat, baie goed uit. Ter illustrasie:


  • Eerstens, die kontrak tot die wissel word gesluit deur lewering van die instrument.

  • Tweedens, slegs die houer van die wissel beskik oor die mag om o.g.v. die instrument aksie in te stel en om die regte daarin vervat af te dwing, alhoewel nie elke houer van ʼn instrument ook ʼn krediteur is i.t.v. die regte wat daarin vervat is, nie. ʼn Krediteur i.t.v. ʼn wissel is die persoon wat die kontrak tot die wissel gesluit het met die trekker, akseptant of endossant.

  • Derdens, die partye tot die wissel onderneem om betaling te laat geskied aan die houer.

  • Vierdens, die akseptant van die wissel kan slegs onthef word van aanspreeklikheid, deur reëlmatige betaling.

  • Vyfdens, oordrag van die persoonlike regte wat in die wissel vervat is, kom tot uitvoerig deur die verhandeling van die instrument.

  • Sesdens, verkryging van die regte word afhanklik gestel van ʼn reëlmatige houer se verkryging van die instrument self.


3. Die kambiale/wisselregtelike verpligting
- Oorspronklik, is die kambiale verpligting beskou as afkomstig te wees van die kontrak van

wisseling. I.t.v. hierdie kontrak (cambium traiecticum vel mercantile) het een party onderneem om ʼn

bedrag geld aan ʼn ander party te betaal, wat op sy beurt, onderneem het om die bedrag op ʼn latere

tyd en plek, in ʼn ander wisselkoers terug te betaal. Die wissel wat na aanleiding van hierdie kontrak

uitgereik is, het geen afdwingbare verpligting bevat nie. Daarom was dit moontlik dat die kambiale

verpligting tot uitvoering gekom het sonder dat ʼn wissel enigsins getrek is.

- Die nuwe benadering het die kambiale verpligting op die wissel self gegrond, en het twee

dominante teorieë tot gevolg gehad: die skeppingsteorie en die kontraksteorie.

- Die skeppingsteorie grond die kambiale verpligting op ʼn eensydige en abstrakte handeling van die

skuldenaar, naamlik die ondertekening van die instrument: konsensus is nie nodig om

aanspreeklikheid te vestig nie. Hierdie teorie word egter nie in SA nagevolg nie. Dit is nie korrek om

die handtekening op ʼn wissel gelyk te stel aan ʼn deklarasie van voorneme om gebind te wees nie.

Die trekker is nie van voorneme om elke houer te betaal nie.

- Daarom, die kambiale verpligting in SA rus op twee pilare: die kontraksteorie en die beskerming

van goeie trou.


  • Kontraksteorie Die kambiale verpligting is hoofsaaklik ʼn kontraktuele verpligting. Kontrak alleen verskaf nie ʼn bevredigende oplossing vir alle gevalle waarin aanspreeklikheid toepassing vind nie en die leerstuk van die beskerming van goeie trou word gebruik as ʼn alternatiewe bron om kontrak as ʼn bron van die kambiale verpligting aan te vul. Die Wet ondersteun hierdie benadering in arts 19 (aanspreeklikheid is gebaseer op kontrak en geen kontrak van ʼn wissel is voltooid en onherroeplik tot en met lewering van die instrument om die kontrak te sluit nie), 19(3) (as ʼn wissel in die hande van ʼn reëlmatige houer is, is ʼn geldige lewering deur alle partye voordat hulle aanspreeklik gestel is aan die houer, veronderstel) en 21 (geen persoon is aanspreeklik as ʼn trekker, akseptant of endossant van ʼn wissel indien hy dit nie as sodanig onderteken het nie, maar sy handtekening alleen is nie voldoende nie).




  • Beskerming van goeie trou Beskerming van goeie trou regverdig die oplegging van aanspreeklikheid in daardie gevalle waar die ondertekenaar aanspreeklik gehou word teenoor die koper in goeie trou, beide waar hy homself nie kontraktueel verbind het nie en waar hy verwere kan aanvoer teen sy onmiddellike teenparty. ʼn Waardepapier beskerm die belange van 3de persone wat nie partye tot die geval en verhandeling van die instrument en die onderliggende transaksies was nie. Maar die reg kan nie elke geloof beskerm nie. Die goeie trou van die koper word slegs beskerm waar die voorkoms dat iemand anders in staat was om die eiendom tegelde te maak, toegevoeg kan word aan die oorspronklike eienaar. Aanspreeklikheid aan ʼn reëlmatige houer is nie gevestig in kontrak of skuld nie, maar berus op objektiewe grondslae. Die risiko-idee onderlê die kambiale verpligting. Tog sal nie elke handtekening op ʼn wissel wat blyk die van die party daartoe te wees, aanspreeklikheid vestig nie. Die ondertekenaar van ʼn wissel sal slegs aanspreeklikheid opdoen indien hy die instrument onderteken het met die wete dat dit ʼn wissel is. Die beskerming van goeie trou van die bona fide houer vir waarde vestig nie net regte t.o.v. die instrument in hom nie, maar skakel ook verwere wat beskikbaar was aan vorige partye, uit.


3.1 Kambiale en onderliggende verpligting
- Wissels, tjeks en promesses word hoofsaaklik gebruik om skulde te delg, krediet te verskaf of

donasies te maak.

- Kommersiële Reg par 30.26-27: ‘n Verhandelbare dokument soos ‘n tjek word gewoonlik getrek op

grond van een of ander kontrak tussen die partye, byvoorbeeld ‘n koopkontrak ingevolge waarvan

die koper die koopprys aan die nemer moet betaal. Hierdie (hoof)kontrak vorm die onderliggende

verbintenis tussen die partye.

- Wanneer die partye egter ooreenkom om ‘n verhandelbare dokument as betalingsinstrument te

gebruik, word ‘n bykomstige hulpkontrak op die dokument self gesluit. Dit staan bekend as die

kambiale verpligting. Die onderliggende verbintenis is dus die causa vir die bestaan van die

kambiale verpligting.

- Die causa is nie ʼn meganiese deel van die kontrak tot die wissel nie; ʼn onderliggende verpligting

vestig die causa slegs en tot so ʼn mate waartoe die partye gemeen het om die kontrak afhanklik

daarvan te stel.

- ʼn Erkenning van skuld tesame met ʼn uitdruklike of stilswyende belofte om daardie skuld af te los,

het ʼn soortgelyke afhanklike verpligting tot gevolg.

- Die vraag of ʼn nuwe verpligting geskep is, word vasgestel deur die intensie van die partye. ʼn Nuwe

verpligting vervang selde die huidige skuld en is glad nie ʼn novasie van die ou verpligting nie.

- Die opdrag in ʼn wissel mag nie voorwaardelik wees nie en ʼn wissel mag nie op so ʼn wyse getrek

word dat dit voorwaardelik gestel word aan die skuld waarvoor dit uitgereik is nie.

- Die kambiale verpligting vervang nie die onderliggende verpligting nie, maar die twee verpligtinge

loop hand aan hand en is kumulatief, aangesien beide gerig is op die betaling van dieselfde skuld.

- ‘n Voorbeeld van kambiale en onderliggende verpligting: A bou ‘n huis vir B. Die

koste beloop R100 000. Die onderliggende verpligting is op B om die R100 000 aan A

te betaal vir die arbeid. B kan die bedrag kontant betaal, maar verkies om ‘n tjek ten

gunste van A uit te reik. Deurdat B die tjek geteken het en dit aan A gelewer het,

ontstaan daar nou ‘n nuwe kontrak – die kambiale verpligting- wat geskep is deur die

tjek. A is die begunstigde en kan sy regte op grond van die tjek afdwing.
4. Basiese konsepte en definisies
- Definisies aangaande die drie verhandelbare dokumente:


  • Wissel ʼn Onvoorwaardelike skriftelike opdrag, gerig deur een persoon aan ʼn ander, geteken deur die persoon wat dit rig, om die persoon aan wie dit gerig is te versoek om op aanvraag te betaal, of op ʼn vasgestelde of vasstelbare tyd in die toekoms, ʼn sekere bedrag geld, aan ʼn spesifieke persoon of ʼn persoon wat deur hom aangedui is, of aan toonder.

  • Tjek ʼn Wissel getrek op ʼn bank en betaalbaar op aanvraag.

  • Promesse ʼn Onvoorwaardelike skriftelike belofte gemaak deur een persoon aan ʼn ander, geteken deur die persoon wat die belofte maak, om op aanvraag te betaal of op ʼn vasgestelde of vasstelbare tyd in die toekoms, ʼn sekere bedrag geld, aan ʼn spesifieke persoon, of ʼn persoon wat deur hom aangedui is, of aan toonder.

- Definisies aangaande partye betrokke by wissels, tjeks en promesses:




  • Trekker Die persoon wat ʼn skriftelike opdrag gee dat ʼn bedrag geld betaal moet word. Die persoon wat ʼn wissel of tjek skep.

  • Belower/promittant Die persoon wat ʼn promesse skep. Die persoon wat beloof om te betaal. Die belower/promittant stem nie ooreen met die trekker van ʼn wissel nie, maar met die akseptant van die wissel.

  • Betrokkene Die persoon aan wie die opdrag om te betaal, gerig is. Hy moet by die naam genoem word of andersins met redelike sekerheid op die wissel aangedui word. In die geval van ʼn tjek, moet die betrokkene altyd die bank wees. In die geval van ʼn promesse, is daar geen betrokkene nie.

  • Nemer Die persoon in wie se guns die dokument oorspronklik opgestel is. Indien die wissel nie betaalbaar is aan die houer nie, moet die nemer genoem word of andersins met redelike sekerheid aangedui word. ʼn Wissel mag getrek word, betaalbaar aan:

    • twee of meer nemers gesamentlik

    • een van twee nemers

    • een of verskeie nemers in die alternatief

    • die houer van ʼn amp

      • Akseptant Geen persoon sal aanspreeklik wees as ʼn trekker, akseptant of endossant, behalwe indien hy die wissel in daardie hoedanigheid onderteken het nie (dus ‘n persoon se handtekening moet op die wissel verskyn om aanspreeklik te wees). Die betrokkene van ʼn wissel is nie aanspreeklik t.a.v. die instrument nie omdat hy dit nie onderteken het nie. Hy is bloot betrokke by die wissel maar hy is nie ʼn kontrakterende party daartoe nie. Alhoewel, wanneer hy die wissel aanvaar, m.a.w. hy stem toe tot die opdrag van die trekker deur die wissel te onderteken, word hy ʼn party tot die wissel en is verantwoordelik ten aansien daarvan. Die akseptant, daarom, is die betrokkene wat ʼn party tot die wissel geword het deur akseptasie daarvan. Akseptasie vind slegs plaas in geval van wissels.

      • Endossant Die nemer van ʼn wissel is nie ʼn party tot die wissel nie en is daarom nie aanspreeklik ten aansien daarvan nie. Hy beskik oor sekere regte, soos om die wissel te verhandel. Indien die nemer die instrument deur endossement (handtekening) verhandel , sal hy daarna bekendstaan as die endossant van die dokument. A.g.v. sy ondertekening van die instrument, het hy ʼn party daartoe geword en is aanspreeklik ten aansien daarvan. Die endossant, daarom, is die persoon wat die dokument verhandel het deur endossement en lewering.

      • Geëndosseerde ʼn Endossant mag ʼn wissel aan iemand anders by name endosseer bv “Betaal D of persoon aangedui”. Die persoon aangedui in naam, D, staan bekend as die geëndosseerde. D mag op sy beurt die dokument verhandel deur endossement en lewering, in welke geval hy (D), ook ʼn endossant word.

      • Houer Die houer is die nemer, geëndosseerde of toonder van ʼn wissel wat in besit is van die instrument. Die houer is die persoon geregtig op betaling i.t.v. die instrument.

      • Toonder Die persoon in besit van ʼn wissel betaalbaar aan toonder.

      • Wisselborg of borg As ʼn persoon homself as borg vir betaling deur die trekker, akseptant of geëndosseerde bind deur die instrument te onderteken, staan hy bekend as die borg, of ondertekenaar van ʼn wisselborg.

- In die geval van ʼn wissel of ʼn tjek, is daar ten minste drie partye betrokke, naamlik die trekker, die

betrokkene en die nemer. In die geval van ʼn promesse is daar slegs twee partye betrokke, die

belower/promittant en die nemer.



Figuur 1 (Kenmerke en tipes waardepapiere)
  1   2   3   4   5   6   7


Verilənlər bazası müəlliflik hüququ ilə müdafiə olunur ©azrefs.org 2016
rəhbərliyinə müraciət

    Ana səhifə